Gallery
GRAAFF-REINET TENNISNUUS - Op Maandag 6 Mei was die Ouer-en-kind-tennisdag by Laer Volkskool.
Wat 'n heerlike dag was dit nie. Ses en twintig pare het ingeskryf en almal het heerlik tennis gespeel.
Almal was wenners en elkeen het 'n prys gekry. Petrus Wolfaardt was die haan van die toernooi en Elizke Gouws die hen van die toernooi.
Die skool bedank elke deelnemer en almal wat gehelp het om die dag 'n sukses te maak.
Pa se kind maak reg om te verdedig.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'