GRAAFF-REINET TENNIS NUUS - Dieter Bertram, verbonde aan Hoër Volkskool, gaan tydens die Junie-vakansie deelneem aan 'n interprovinsiale tennistoernooi in George.
Drie provinsies, OP, SWD en Noord-Kaap, sal aan dié kompetisie deelneem.
Hy is gekies om OP in die O.16 span te verteenwoordig. Baie sterkte word hom toegewens.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'