Gallery
GRAAFF-REINET RUGBYNUUS - Graaff-Reinet se rugbytrots, Sentraal-rugbyklub, het naelskraap in die kwarteinstryd van die Oos-Kaap se beste ligaspanne uitgeval.
Hulle het Dinsdag, 24 September met 24 - 25 teen Adelaide Rangers op die Collie Koeberg-sportgronde as verloorders van die veld gestap. So moes hulle toekyk hoe Adelaide Saterdag, 28 September in die semi-finaal in Port-Elizabeth teen Kirkwood speel.
Hierdie keer het Kirkwood vir Adelaide met 28 - 3 laat les opsê.
Kirkwood speel komende Saterdag, 5 September, teen Dispatch in die klub finaal.
Sentraal verdien egter 'n klop op die skouer; hulle is die Karoo-liga wenners vir 2019. Hulle gaan nog twee vriendskaplike wedstryde speel.
Die datums vir dié wedstryde is nog nie bekend nie.
'n Losgemaal met Sentraal op die aanval.
'n Adelaide speler word in sy spore gestuit. Foto's: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'