GRAAFF-REINET NUUS - Voor-verlede naweek, 1 en 2 Junie, het Johandre Groenewald, Juan Bezuidenhoudt, JJ Theron en Ceano Fourie aan die finale rugbyproewe van die Cheetah-toernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Al die leerders is verbonde aan Laer Volkskool in Graaff-Reinet.
JJ Theron is na afloop van die proewe in die O.13A-Carvenweekspan opgeneem.
Ceano Fourie is in die O.13B-Cravenweekspan opgeneem.
Die skool is baie trots op dié twee rugbysterre en wens hul graag sterkte toe met die wedstryde wat voorlê tydens die O.13 Cravenweek in Kimberley van 1 tot 6 Julie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'