MIDDELBURG NUUS — Hoërskool Middelburg se netbalspanne was bedrywig die laaste week met wedstryde wat teen Hoër Volkskool en Burgersdorp gespeel is.
Die eerste netbalspan wen 33 - 20, die O.16A-span verloor 19 - 22, die O.14A-span wen 22 - 17, die tweedespan speel 9 elk gelykop, die derdespan wen 17 - 9, die O.16B-span verloor 12 - 16 en
die O.14B-span wen 9 - 4 teen Burgersdorp.
Tydens die netbalwedstryde teen Volkskool het Middies se eerstespan 17 - 38 verloor, die O.16A's speel 16 elk gelykop, die O.14A's verloor 12 - 13, die tweedespan verloor 18 - 6, die O.16B's wen 12 - 10 en die O.14B-span verloor 2 - 5.
Die skool se rugbyspanne het ook Saterdag teen Burgersdorp te staan gekom en die volgende tellings is aangeteken:
Die eerste rugbyspan verloor 25 - 43, die O.16-rugbyspan verloor 58 - 0 en die O.15's verloor 7 - 14 teen Burgersdorp
'Ons bring jou die nuutse Middelburg, Karoo nuus'