GRAAFF-REINET RUGBY-NUUS - Elrico Prins (12), 'n leerder van Graaff-Reinet Primêr, is opgeneem in die Sarah Baartman O.12-rugbyspan.
Hy sal diens doen as losskakel.
Elrico sal van 27 tot 29 September as deel van die span aan ‘n jaarlikse rugbytoernooi deelneem wat by die Oakdale Landbouskool in Riversdag gehou gaan word.
Die skool en die skool se gemeenskap is trots op hom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'