MIDDELBURG NUUS — Tydens die Primêre Skool Karel Theron van Middelburg se onlangse kragmeting teen Burgersdorp het die Pienkvoete behoorlik die ouer rugbyspelers gewys hoe dit gedoen moet word.
Hulle het beide hul wedstryde teen Burgersdorp gewen met tellings van onderskeidelik 7 - 2 en 8 - 2. Dié jong spelers het behoorlik hul harte uitgespeel tot die genot van die ouers en toeskouers.
Die dag se ander rugbytellings is as volg: Die O.9s verloor 7 - 14, die O.11s verloor 7 - 14 en die O.13s verloor 7 - 50.
Op die netbalbaan het die O.7A-span 3 - 0 gewen, die O.7B-span verloor 0 - 7, die O.8A-span verloor 1 - 9, die O.9A-span verloor 1 - 2, die O.10.A-span wen 6 - 4, die O.10B-span wen 6 - 5, die O.11A-span wen 14 - 4, die O.11B-span wen 5 - 2, die O.12A-span verloor 7 - 10, die O.12B-span wen 6 - 0, die O.13A-span wen 28 - 11 en die O.13B-span wen 7 - 3.
Karel Theron se A- en B-rugby- en netbalspanne het ook die afgelope naweek teen Cradock gespeel. Die O.7A-span, die O.9A's en die O.11A's het hul wedstryde gewen.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'