Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Ná 'n bitterlike lang rugbydroogte, danksy die Covid-19-pandemie, kon laerskoolspanne in die Karoo onlangs weer in Graaff-Reinet by die Botanies Tuine saamtrek vir 'n rugbydag soos min.
Dié Rugby met 'n Rede-sewes-toernooi is ten bate van Pienk Bome vir Pauline aangebied.
Stalletjies met heerlike eet- en drinkgoed het die dag in 'n feestelike atmosfeer omskep en die klompie toeskouers kon die aksie terdeë geniet. Dit was duidelik uit die aksie op die veld dat die lang aflegging nie die manne se spoed gebreek het nie.
Fotogalery: Rugbydag op Graaff-Reinet
Hugo Redelinghuys het die plaaslike skole gaan kiek. Ons skop dié week af met aksiefoto's van Laerskool Graaff-Reinet waarna Union, Spandau en Laer Volkskool ook 'n beurt gaan kry om in Graaff-Reinet Advertiser te pronk.
Miguel Lomberg steek sy tong uit vir sy teenstanders nadat hy onder hulle uitgehardloop het vir nog 'n pragdrie.
Die vlugvoetige Elgin Tiyo (met bal) maak gereed om 'n teenstander af te stamp.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'