GRAAFF-REINET RUGBY NEWS - Hoër Volkskool se eerste rugbyspan het die pas afgelope naweek teen Burgersdorp kragte gemeet.
Die skouspelagtige wedstryd het met die blaas van die eindfluitjie 32 – 26 in Hoër Volkskool se guns geval.
Die skool wens die spelers geluk met hul besonderse pogings op die rugbyveld en bedank die afrigters, Jaco van Schalkwyk en Bertus Pretorius, vir hul moeite met die afrigting van dié span.
“n Woord van dankie word ook aan die ondersteuners en ouers gerig vir hul bydrae tot die dag se atmosfeer langs die veld.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'