Gallery
GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Verlede week, Woensdag, 26 April het Hoër Volkskool teen Hoërskool Despatch hokkie, rugby en netbal gespeel. Met die langnaweek op hande is die skooldag verkort.
Kragmetings teen Despatch is jaarliks van die moeilikste wedstryde waaraan Hoër Volkskool deelneem, veral wanneer dit op Despatch se tuisveld is.
FOTOGALERY: Hoër Volkskool teen Hoërskool Despatch in rugby
Droogte in Nelson Mandela Metro is duidelik sigbaar aan die toestand van die sportgronde in Despatch.
Op ‘n baie warm middag om 16:00 het die eerste rugbyspan se wedstryd op die Danie Gerber-rugbyveld afgeskop. Die goed voorbereide span van afrigter Jaco van Schalkwyk was reg vir die wedstryd.
Ten spyte van uitdagings soos beserings, geel kaarte en ‘n baie stowwerige rugbyveld, het Hoër Volkskool se eerstespan se deursettingsvermoë en dissipline gemaak dat hulle die oorhand kon kry. Jan-Theo van Tonder (agsteman) en Zak Wolfaardt (flank) het die span se drieë gedruk en A.J. de Jager (heelagter) en Elrico Prins (losskakel) het met hulle skopwerk die puntestand vergroot.
Hoër Volkskool het die wedstryd 26 - 13 gewen.
Ashwill swartz en Eagon Adams
Eagon Adams. Foto's: Jan-Hendrik Swiegers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’