GRAAFF-REINET RUGBY NUUS — Die jaarlikse Dagbreek-rugbytoer skop eersdaags af.
Dié toer, deur die Dagbreek-rugbyspan, doen die jaar aan in Graaff-Reinet met die span wat volgende week op die Botaniese Sportklub se rugbyveld sal uitdraf.
Dagbreek, ook bekend as die "John Murray Huis" (genoem na 'n stigter van die teologiese Kweekskool aan die Universiteit Stellenbosch) of die "Huis van Roem en Faam" is die grootste en die tweede oudste manskoshuis op Stellenbosch.
Dit is in die hartjie van Stellenbosch geleë en dit is ook 'n sentrale punt op die kampus. Dagbreek het 'n huis geword vir duisende mansstudente aan die Universiteit van Stellenbosch vandat die huis se deure oopgemaak het in 1921. Die trotse inwoners van dié huis word dikwels na verwys as "Daggies" of "Dagbrekers".
Die toerspan sal volgende Woensdagaand, 18 Julie, sorg vir 'n aanskoulike wedstryd, wanneer hul teen 'n uitnodigingspan van Graaff-Reinet te staan sal kom.
Die wedstryd skop om 18:30 af en alle plaaslike rugbyliefhebbers word genooi om die geleentheid by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'