KAROO RUGBYNUUS - Dit maak nie saak waar en saam met wie hulle na die wedstryd tussen die Bulls en die Crusaders gaan kyk nie, maar vir talle SA rugbyliefhebbers is dít die kragmeting in die Superreeks wat hulle dié naweek nié gaan misloop nie.
Daarby word die begin van die Giro d’Italia, een van die roemrykste wedrenne in internasionale fietsry, ook regstreeks uitgesaai.
En 50 jaar nadat Cobie le Grange sy tweede Britse Meesterstitel gewen het, probeer 'n halfdosyn Suid-Afrikaners weer die toernooi wen waarin Bobby Locke ook twee keer die kampioen was.
Die Meesters, die Byron Nelson-kampioenskap in Amerika, en ses wedstryde in die SA-netballiga is van die ander sport waarna sportgeesdriftiges kan kyk.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'