NASIONALE NUUS - Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges - en meer spesifiek dié in die Suid-Kaap waar hy gebore is en skoolgegaan het - het vanoggend met skok verneem van die tragiese dood van die oud-Springbokrugbyspeler Pedrie Wannenburg.
Wannenburg is glo in 'n motorongeluk in Texas in Amerika oorlede.
Sy seun is in 'n kritieke toestand in die hospital opgeneem, maar sy vrou, Evette, en hul dogter het net ligte beserings ogedoen.
Hy het op 20-jarige ouderdom sy eerste wedstryd vir die Blou Bulle gespeel en in 2002 maak hy sy debuut in 'n Springboktrui in die toets teen Frankryk op die Bokke se jaareindtoer na Europa.
Lees meer op susterskoerant, Suid-Kaap Forum
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'