GRAAFF-REINET RUGBYNUUS - Tydens die opkomende Junie-skoolvakansie sal vier talentvolle rugbymanne van die Hoër Volkskool regoor Suid-Afrika met OP Platteland-truie uitdraf.
Graad Agt-leerling Elrico Prins is gekies vir die o.13-span, en sal in Witrivier, Mpumalanga, aan die Cravenweek deelneem.
Jaydee Jooste is nie net vir die o.18-span gekies nie, maar sal ook as onderkaptein uitdraf tydens die SA Platteland-toernooi in Bloemfontein.
Chris van Heerden is gekies vir die o.19-span gekies, en sal Graaff-Reinet se naam hoog hou in Reitz, terwyl Jan-Hendrik Gouws nie sal teleurstel in die o.16-span nie. Hulle gaan ook in Witrivier deelneem.
Hierdie rugbymanne gaan Graaff-Reinet se naam hoog hou in hul OP-truie hierdie komende vakansie. Hulle is Elrico Prins, Jaydee Jooste, Chris van Heerden en Jan-Hendrik Gouws.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'