KAROO NUUS - Volkskool Wildehonde-fietsrygroep het op Sondag 21 Julie aan die 3de ronde van die skoleliga in Gqeberha deelgeneem.
Dit het op die Butterfield Road Trails plaasgevind.
Frederik de Klerk, wat 6de plek behaal het in die Sprogsren vir o. 12-seuns, is ook onlangs deur die organiseerders van die Race to Desolation uitgenooi om aan die Mini-Taste wedren oor 21 km deel te neem.
Hy was die enigste leerder van Volkskool tussen die hardebaarde wat ook oorsese deelnemers ingesluit het.
De Klerk het hom pure bergbok gehou en die laaste gedeelte van die Valleipad lag-lag, moeg-moeg uitgery.
Uitslae:
Sub-Nippers dogters: o. 8 (8,04 km)
- 1ste: Elbe Landman. Sy is tot op hede onoorwonne.
Sub-Nippers seuns o. 8 (8,04 km)
- 3de: Bernard Delport. Sy vorige beste was 'n 7de en toe 'n 5de.
- 10de: Nicolaas Botes
Nippers o. 10 seuns (9,60 km)
- 11de: Luhan Alberts
- 16de: Waldt Pienaar
Sprogs o. 12 dogters (11,52 km)
- 3de: Gina Botes
Sprogs o. 12 seuns (11,52 km)
- 6de: Frederik de Klerk
- 7de: Rubert Marincowitz
- 8ste: William le Roux
Die volgende byeenkoms vind op Sondag 4 Augustus in Gqeberha plaas.
Die groep is ook uitgenooi om op Saterdag 3 Augustus aan die Lorraine Fietsfees by Laerskool Lorraine in Gqeberha op hul nuwe fietsbane deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’