GRAAFF-REINET NUUS - Drie Laer Volkskool leerders het goed gevaar by die South Zone Distrik Kompetisie, wat tydens die skoolvakansie plaasgevind het.
Tiaan Fourie, Janine Coetzer en AJ Cronje het al drie distrikskleure verwerf vir hul harde werk.
Laer Volkskool wens dié knap gimnaste baie geluk.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'