SPORTNUUS - Die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit se netbalspanne wat deurgedring het na die tweede ronde van die Twizza-liga het onlangs teen mekaar meegeding.
Die wedstryde is in Aberdeen gespeel waar Graaff-Reinet se Central, met 12 liga punte en Birds United met nege liga punte, aangewys is as die top twee munisipale spanne.
Hulle sal op 9 Julie teen die twee topspanne van die Kouga-, Koukamma-, Ndlambe- en Sondagsriviervallei-munisipaliteite te staan kom.
Hierdie wedstryde sal bepaal wie die twee topspanne in die Sarah Baartman-distrik is wat teen die ander Oos-Kaapse-distrikte in die provinsiale Twizza-toernooi gaan speel. Die provinsiale toernooi sal in Oos-Londen gespeel word maar die datum is nog nie bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’