HOFMEYR SPORTNUUS - Hierdie jaarlikse rolbal-toernooi is vanjaar vir die 20ste keer in Hofmeyr aangebied, en het weer 'n vol baan getrek.
Deelnemers het van oral na Hofmeyr gereis en gastehuise was volbespreek. Puik etes is bedien en Hofmeyr-rolbalklub het reggestaan om gaste en spelers te onthaal.
Die span van Tarkastad het die toernooi gewen met 'n telling van 10+45. Hul kon met die Twin Peaks-trofee, wat verwys na die Tweelingkoppe wat oog hou oor Hofmeyr-rolbalklub, wegstap.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'