HOFMEYR NUUS - Lexi Fourie, 'n 9-jarige dogter van Waterlea het met die pasafgelope Bathurst-skou haar staal gewys en skoonskip gemaak. Sy het met hande vol toekennings teruggekeer.
Lexi is die dogter van Jannie en Karenza Fourie, en sy is ‘n leerder aan Laerskool Cradock. Sy het eerste plek in die ope klas ponie-afdeling behaal.
Sy is ook as die reserwe kampioen in die beginner ponie-afdeling aangewys en die reserwe kampioen in die kinderskou-ryponie-afdeling.
Die res van haar uitslae is as volg:
- Beste perd in hand (2de)
- Beste drafponie (2de)
- Beste galopponie (2de)
- Driegangponie (2de)
- Beste kinderruiter (3de)
- Skoukampioen ponie (3 gang -2de)
- Skouponie (3 gang - 2de)
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'