SUID-KAAP NUUS - SWD-tweekamp het vir die eerste keer in 22 jaar daarin geslaag om die OP-span op eie bodem te klop en sodoende met die Chris Jansen-spantrofee weggestap.
"Dit was voorwaar 'n uiterste spanpoging deur al die atlete aangesien 'n paar van SWD se topatlete nie kon deelneem nie," het Dave van der Walt, sekretaris van die Eden-sportraad gesê.
OP was tweede, gevolg deur Grens en Vrystaat.
Juan Pretorius (junior veterane) is bekroon met die senior victor ludorum. Die kaptein van die span, Gustav Schlechter, het ook die vinnigste 100 m-swemtyd (57,85) aangeteken. Die Schlechter-gesin (Marius, Gustav en Lara) het elkeen 'n goue medalje verower.
SWD spog met 12 medaljes.
Die medaljewenners is:
- Dogters o.8: Sumay van Wyk (silwer)
- Seuns o.9: Ruben Gouws (goud)
- Dogters o.9: Karli Lotter (silwer)
- Seuns o.13: Matthew van Coller (silwer)
- Seuns o.15: Christian Hattingh (silwer) en De Wit Bothma (brons)
- Seuns o.17: Gustav Schlechter (goud) en Reynard Janse van Rensburg (silwer)
- Dogters o.19: Lara Schlechter (goud)
- Junior mans: Juan Pretorius (goud)
- Veterane mans: Walter Lusch (silwer)
- Senior mans: Marius Schlechter (goud)
- Lamé Gouws, Hanré Jubelius; Herman Spangenberg en Johan van Eeden se vierde plekke het bygedra tot die span-oorwinning.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'