GRAAFF-REINET NUUS - Die volgende twee leerders van Hoër Volkskool het vir erekleure gekwalifiseer.
Tiaan Fourie (links) het die OP-span by die SA nasionale saalperdkampioenskappe in Somerset-Oos verteenwoordig waar hy tot in die eindronde deurgedring het.
Johndré Ludick is in die OP se o.19-gholfspan opgeneem wat in Kimberley aan 'n interprovinsiale toernooi deelgeneem en algeheel vierde geëindig het.
Ludick het ook aan die Johannesburgse Ope deelgeneem en in die sewende plek klaargemaak. Daarna was hy in aksie by die Benoni Lake-toernooi, ook in Johannesburg, waar hy 'n algehele vierde plek behaal het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'