Gallery
KAROO SPORTNUUS - Skolesport is weer stadigaan besig om goed op dreef te kom.
Rugby-, hokkie- en netbalproewe is vandeesweek hier aangebied en die naweek reis die sportspanne van die Hoër Volkskool na Despatch om daar in hokkie en rugby deel te neem.
Die tennisspelers van die Hoër Volkskool, onder die ferm hand van hul afrigter, Minette Potgieter, is reeds druk besig om vir die opkomende winterliga te oefen.
Fotogalery: Tennisspelers van Hoër Volkskool oefen hard
Hugo Redelinghuys het met sy kamera gaan loer hoe die dogters en seuns oefen.
Hoër Volkskool se eerste dogterstennisspan. Van links: Dané Thiart, Elize de Jager, Zanri Groenewald en Inke van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'