Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — 'n Groep van 15 inwoners van Graaff-Reinet het die pas afgelope naweek aan die Outeniqua Rolstoel-wedren in George deelgeneem.
Die Outeniqua Rolstoel-wedren, beter bekend as die OCC, het hierdie jaar op Sondag, 18 Februarie, plaasgevind.
Meer as 1 000 mense van verskillende lande neem jaarliks hieraan deel en kan atlete kies om die 42.4km, 21,2km, 10km of 5km af te lê.
'n Groep Graaff-Reinetters, waarvan die meeste Asherville-inwoners is, het Vrydag na George gereis om aan hierdie gewilde resies te gaan deelneem.
Die atlete het goed gevaar in hul onderskeie wedrenne en was almal dit eens dat dit, soos gewoonlik, 'n baie pret affêre was.
Die betrokke atlete reis jaarliks na dié geleentheid en bedank hul graag die gemeenskap en getroue borge wat dit vir hulle moontlik maak.
Jackson Deelman, een van die plaaslike deelnemers, sonder graag vir Montego Pet Nutrition en die Riverside Engen Convenience Centre uit wat jaarliks hul gewig ingooi en seker maak dat die rolstoel-atlete die verblyf en vervoer onkostes kan dek vir die naweek in George.
Ander borge wat Deelman graag wil bedank vir hul bydrae, sluit in Spar, die munisipaliteit, Pick n Pay, Corrie Breytenbach, Le Roux-begrafnisdienste, Swan Craft Cash Loans en iang Ping Cash And Carry..
Die groep hoop om met volgende jaar se byeenkoms inwoners vanuit die ander woonbuurte ook te betrek sodat die breë gemeenskap van Graaff-Reinet in George verteenwoordig kan wees.
Die atlete vra graag dat die dorp hul sal steun met die jaarlikse resies en vra hulle dat enigeen wat betrokke wil raak, as borg of deelnemer, met hul kontak maak.
Skakel Deelman by 072 169 2922 om meer uit te vind hieromtrent.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'