Update
GRAAFF-REINET NUUS - Rennie Oosthuizen het van 17 tot 26 Maart aan die tweede Trisome Games deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die kompetisie was ongelooflik sterk aangesien die atlete heelwat jonger as sy was.
Resultate:
- Gewigstoot - bronsmedalje
- 800 m-stap - bronsmedalje
- Meesterklas 200 m-borsslag - Vierde (haar ma Rene sê dat sy die derde posisie met 'n fraks van 'n sekonde gemis het.)
- 4 x 100 m-vryslagaflos - breek Afrika-rekord
- 4 x 200 m-vryslagaflos - breek Afrika-rekord
- Triathlon wat behels 100 m-hardloop, verspring en gewigstoot - vierde
- Spiesgooi - sewende
- Verspring - sewende
- 200 m-hardloop - elfde
Zora Wegerif, Minke Janse van Rensburg, Savanna Haselau - 4x100m vryslag rekord houers.
Vir nou sê Rennie is sy eers klaar met atletiek en wil meer fokus op tennis.
Suid-Afrika het vyfde onder 33 lande geëindig met net sewe atlete, en het vier goue medaljes, sewe silwermedaljes en nege bronsmedaljes verower asook een wêreldrekord gebreek.
Nicole Orlando van Italy (tweede plek en Raysa Riane Silva Mendonça van Brazil (eerste plek) en Rennie Oosthuizen (derde plek) in die gewigstoot afdeling.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’