SPORTNUUS - Die Raptors Martial Arts-klub in Graaff-Reinet het Saterdag 14 Oktober vir die eerste keer aan die East Coast Elephant Open van KOSA (Kickboxing Organisation of South Africa) deelgeneem.
Die studente het onder gewig deelgeneem en kon te staan kom teen enige kleur belt.
Alhoewel meeste nog beginners is, het hulle uitstekend gevaar en nie vir n oomblik terug gestaan nie!
Die atlete het onderskeidelik aan die Tatami punte gevegkuns en Tatami semi-kontak gevegkuns dissiplines meegeding.
Hulle het die volgende medaljes verower:
- Jean van Wyngaard - silwer en goud
- Gert Theron - goud en silwer
- Zaskia Erasmus - silwer
- Grace Kitching - goud
- Arné Oosthuizen - brons
- Aj Prinsloo - goud
- Skye van Loggerenberg - twee brons
- Darius Els - silwer
- Joe Gildenhuys - silwer en brons
- Frederik Steynberg - twee goud
- Jaqwan Ahmed - goud
- Reaglin Maarman - twee goud
- Elizabeth Fourie - twee silwer
- Cloe-Ann Fourie - twee brons
- Leshandré Roman - silwer
- Marlon Christoffels - twee silwer
- Mathew Christoffels - silwer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’