GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool het op 7 November die jaar afgesluit deur 'n pretgala by Hoër Volkskool te hou.
Dit was 'n heerlike dag met tonne pret waar almal aan verskeie aktiwiteite kon deelneem.
Kinders het een lengte in die swembad met 'n "noodle" om die lyf geswem, 'n rugbybal geskop terwyl hulle swem, hulle moes ‘n tennisbal op 'n kegel balanseer en terwyl hulle swem moes hulle hemde aantrek en uittrek en vir hulle spanmaat aangee.
Na die kompetisies is al die swemmers bederf met 'n heerlike roomys.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'