GRAAFF-REINET NUUS - In die pas afgelope Saterdag, 2 Junie, se wedvlug vanaf Kimberley, het Pierre Els se duiwe voor gevlieg om beide die eerste plek in die Jaaroud-afdeling, sowel as die Ope-afdeling in te win.
In die Ope-afdeling het JR Marais se duif die tweede plek ingeneem, gevolg deur Karoo Hokke van Petrie Maré in die derde plek.
In die top 30 posisies het Pierre Els elf plekke ingeneem, JR Marais ses, Karoo Hokke twee, G du Plessis ses, David Hampton drie en A Everson twee.
In die Jaaroud-afdeling is Pierre se wenduif gevolg deur nog een van syne in die tweede plek en 'n duif van JR Marais in die derde plek. Onder die top 30 het Pierre Els 14 plekke ingeneem, JR Marais twee, Karoo Hokke twee, G du Plessis drie, David Hampton sewe en A Everson een.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'