MOLTENO NUUS - Die Molteno NG Gemeente het onlangs 'n uiters suksesvolle 4x4-familiedag gehou.
Die geleentheid het oor twee dae plaasgevind.
"Die uitdaging is op die plaas Goedehoop van Echbert en Deoné Terblanche gehou, en gaste wat wou oornag, het by Klipplaatsdrift Safari Lodge oornag. Meer as 50 voertuie het van oor opgedaag om die uitdagende roete aan te pak, wat na goeie reën nog meer uitdagend was," vertel Oreste Boffa, 'n deelnemer.
Volgens hom het luukse familievoertuie ook deelgeneem en in sommige gevalle het deelnemers hul hele gesin saamgebring.
"'n Goed beplande sirkelroete, met talle uitdagings en pragtige natuurtonele is gevolg en by die eindpunt, het die deelnemers en hul families rustig nabetragting gehou en gebraai."
Talle borge was ook hierdie jaar betrokke en pryse is aan gelukkige nommers toegeken. Die deelnemers kon vir twee dae in die natuur kuier en daar was ook Saterdagaand 'n lekker skuurdans.
Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Molteno, Karoo nuus'