KAROO SPORTNUUS - Laer Volkskool se o. 13 -hokkiedogters het van 14 tot 16 Julie aan die ECHS-Afrigtingstoernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Die naweek het bestaan uit twee wedstryde per dag asook afrigting wat op Vrydag en Saterdag plaasgevind het. Die dogters het baie geleer en pragtige hokkie gespeel gedurende die toernooi.
Tydens die prysuitdeling wat Saterdag plaasgevind het, is Deidré Alberts ook aangewys as beste o. 13-voorspeler van die toernooi. Laer Volkskool het aan die einde van die toernooi 'n 4de plek behaal.
Die tellings is as volg:
- LVS wen Oranje o. 13 B met 1 - 0
- LVS wen Anton van Wou met 2 - 1
- LVS verloor teen Oranje o. 13 A met 0 - 4
- LVS speel gelykop teen Vaalpark 0 - 0
- LVS verloor met 0 - 1 teen Schweizer-Reneke
- LVS wen Fonteine met 1 - 0
Deidré Alberts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’