GRAAFF-REINET NUUS - Marli Fourie en Tiaan Fourie van Laer Volkskool het die naweek van 13 Februarie aan die Hopetown Noord-Kaap Streekskou deelgeneem.
Marli het 'n tweede plek in die stap-draf kinderryperd en ruiter, 10-jaar en jonger, verdien.
Sy mag tans net in die 10-jaar en jonger afdeling deelneem.
Tiaan se uitslae was soos volg:
Tweede in die drie-gang park ruiters, 18-jaar en jonger.
Derde in die vyf-gang plesierperd ruiters, 18-jaar jonger.
Tweede in die vyf-gang kinderryperd ruiters, 14-jaar en jonger. Eerste in die vyf-gang kinderruiter, 14- jaar en jonger, en tweede groot kampioen, vyf-gang plesierperd.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'