GRAAFF-REINET NUUS - September kondig nie net die begin van lente aan nie, dit is ook die aanvang van die tweekampseisoen.
Twee plaaslike tweekamp-atlete, verbonde aan Laer Volkskool, gaan eersdaags die OP verteenwoordig in Bloemfontein by die Vrystaat interprovinsiale tweekampbyeenkoms.
By die geleentheid, wat op 29 September aangebied word, gaan Carlien die OP A-span verteenwoordig en Frederick die OP B-span.
Die skool wens hul graag sterkte toe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'