GRAAFF-REINET NUUS - Die afgelope naweek het Hoër Volkskool (HVS) kragte gemeet teen Hoërskool Cradock op hul tuisveld.
Dit is 'n jarelange tradisie wat steeds met 'n goeie gees op, en van die veld af, plaasvind.
Vrydagmiddag het die seunshokkiespan van Cradock na Graaff-Reinet gereis en teen Volkskool se onderwysers gespeel. Die onderwysers het opgedaag en gehoop vir die beste!
Cradock se seuns was te sterk vir die onnies en het met uitmuntende spel 5 - 1 as wenners uit die stryd getree. Die onderwysers het egter nie moed verloor nie en daag die span uit vir nog 'n kragmeting volgende jaar.
Saterdag se weer was perfek en Volkskool het gemengde uitslae behaal waarop hulle trots kan wees.
Die o. 16-rugbyspan van Hoër Volksool se Matheus van der Merwe word gelig deur Wright Jaftha en Stefano Naudé. Foto's: Ben Snyman
Uitslae (Volkskool-tellings eerste)
Rugby:
Die eerste span het 'n indrukwekkende wedstryd gehad en Volkskool kon binne die eerste sewe minute 'n drie druk.
- 1ste span wen 27 - 5
- o. 14 wen 24 - 15
- o. 15's speel gelyk 15 - 15
- o. 16's wen 24 - 5
- 2de-span verloor 5 - 15
Netbal:
- 1ste-span verloor 20 - 32
- o. 16A-span speel hul eerste wedstryd teen CHS se o. 19B-span en verloor 13 - 19.
- o. 14A-span het 'n moedige stryd geveg maar verloor 7 - 21.
- o. 15A-span speel teen CHS se o. 16B-span en wen die wedstryd 15 - 13.
- o. 16B-span wen 17 - 15
- o. 16 A-span, 13 - 22
Hokkie:
- 1ste-span wen 1 - 0
- o. 16 B-span verloor 0 - 1
- o. 16A-span wen 4 - 0
Volgende week speel Hoër Volkskool teen Gill College in Somerset-Oos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’