MIDDELBURG NUUS — Die jaarlikse interskole tussen Karel Theron en Kirkwoord het met groot afwagting die pas afgelope naweek plaasgevind.
Karel Theron se tennisspelers het Vrydagoggend die tennis-trofee suksesvol verdedig en hul opponente met 64 - 40 potte verslaan.
Die seuns het die enkels en dubbels gewen, terwyl die dogters die enkelspel-wenners was.
Ongelukkig was Karel Theron nie so gelukkig met die junior redenaars nie, en het Kirkwood net-net as oorwinnaars weggestap.
Kirkwood kon nie ‘n junior skaakspan voorsien nie, en dus bly die skaaktrofee by Karel Theron.
Saterdag se rugby- en netbalwedstryde het vir talle spannende oomblikke gesorg...
Nogtans het Karel Theron se spelers hul uitstekend van hul taak gekwyt en as oorwinnaars in al die wedstryde weggestap.
Die netbal het hul seisoen op ‘n baie hoë noot afgesluit. Die O.11-span wen 13 - 10 en die O.13-span wen in ‘n pragtige wedstryd 24 - 11.
Die O.11-rugbyspan wen O.11 wen 10 - 7. Die O.13-rugbyspan wen oortuigend 52 - 19.
Karel Theron is baie trots op al die spelers en afrigters met die puik uitslae. Dit is ‘n pluimpie vir ‘n seisoen van harde werk en vasberadenheid.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'