KAROO NUUS - Verlede naweek het Hoër Volkskool (HVS) na Somerset -Oos gereis en aan 'n baie opwindende sportdag by Gill College deelgeneem.
Rugby:
HVS se rugbyspanne het skoonskip gemaak en al hulle wedstryde gewen!
Die wentellings was as volg:
- 0. 14 wen 36 - 7.
- 0. 15 wen 17 - 3.
- 0. 16 wen 29 - 0.
- 2de span wen 20 - 8.
- 1ste span wen 32 - 20.
Hokkie:
- Die hokkiespanne het reeds Vrydag gespeel en die uitslae was as volg:
- HVS 0. 16A span speel teen Gill se 1ste span en verloor 1 - 2.
- HVS 0. 16B span speel teen Gill se 2de span en speel gelyk 0 - 0.
Netbal:
Saterdag was HVS-netbal se jaarlikse interskole teen Gill en was HVS die algehele wenners op die dag.
Die tellings was as volg:
- HVS 0. 14 speel teen Gill 0. 14 B en wen 9 - 8.
- HVS 0. 15 speel teen Gill se 0. 14 A span en verloor 19 - 20.
- HVS 0. 16 A speel teen Gill 0. 16 A en wen gemaklik 19 -10.
- HVS 0. 16 B speel teen Gill se 0. 16 B span en wen 10 - 8.
- Die eerstespan verloor die wedstryd na 'n baie moedige stryd 17 - 30.
Volgende:
Eerskomende naweek speel hulle teen Hoërskool DF Malherbe in Gqeberha.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’