GRAAFF-REINET NUUS - Volgens tradisie het Hoër Volkskool weereens laasnaweek teen Gill College van Somerset Oos kragte gemeet in rugby, hokkie en netbal.
Die eerste-netbalspan het 38 - 5 gewen, en Lykita Koeberg is aangewys as die Speler van die Westryd. Die hokkie-eerstespan het óók gewen, met 'n telling van 9 - 1.
Die rugby-eerstespan het 36 - 7 gewen.
Wayne Coetzee is na die rugbywedstryd aangewys as die Speler van die Wedstryd. Hy het 'n bal van Projek Dawid gekry, wat geborg is deur mnr Izak van der Merwe.
Hoër Volkskool se netbalsterre.'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'