Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die eerste interskole in twee jaar was 'n reusesukses en definitief 'n geleentheid wat deur die leerders, ouers, ondersteuners en onderwysers geniet is.
Die hoogtepunt was natuurlik toe die eerste rugbyspan van Hoër Volkskool met die groot trofee huis toe gestuur is. Hulle het 31 - 3 gewen.
FOTOGALERY: Interskole 'n groot sukses
Beide Union High School en Volkskool se personeel was dit eens dat die leerders hul harte op die veld gelos het en dat dissipline aan die orde van die dag was.
Oudleerders en ondersteuners wat die interskole bygewoon het was ook vol lof vir hoe die verrigtinge verloop het.
Die eindresultate was as volg:
LAERSKOLE
Rugby
- Volkskool o.7A wen 35 - 0
- Volkskool o.9B wen 15 - 10
- Volkskool o.9A verloor 27 - 7
- Volkskool o.11B wen 24 - 20
- Volkskool o.11A wen 28 - 0
- Volkskool o.13B wen 51 - 0
- Volkskool o.13A verloor 14 - 12
Skaak
- Volkskool wen 23- 13
Tennis
- Volkskool-seuns wen 9 - 0
- Volkskool-meisies verloor 0 - 9
Hokkie
- Volkskool o.7 wen 5 - 0
- Volkskool o.8 B wen 2 - 1
- Volkskool o.8 A verloor 0 - 2
- Volkskool o.9 A verloor 0 - 2
- Volkskool o.10 verloor 0 - 10
- Volkskool o.13B verloor 0 - 1
- Volkskool o.13 A wen 2 -1
HOËRSKOLE
Rugby
- Volkskool o.14 verloor 5 - 27
- Volkskool o.15 verloor 5 - 7
- Volkskool o.16 wen 26 -0
- Volkskool tweede span verloor 5-14
- Volkskool eerste span wen 31 - 3
Skaak
- Volkskool verloor 2 -14
- Vasvra
- Volkskool verloor 11 -18
Redenaars
- Seniors: Union High kry eerste plek en Hoër Volkskool twee plek
- Juniors: Hoër Volkskool kry eerste plek en Union High School kry tweede plek
Tennis
Dogters
- Volkskool-eerste span verloor 4 - 5
- Volkskool-tweede span verloor 0 - 9
- Volkskool-derde span verloor 3 - 6
Seuns
- Volkskool-eerste span wen 9 - 0
- Volkskool-tweede wen 9 - 0
- Volkskool-derde span wen 6 - 3
Hokkie
- Volkskool-eerste span verloor 0 - 1
- Volkskool-tweede span verloor 0 - 2
- Netbal-hokkie verloor 0 - 7
- Volkskool-tweede span o.16 A verloor 0 - 2.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'