GRAAFF-REINET NUUS - Leerders van Hoër Volkskool wat aan die Raptors Martial Arts-klub in Graaff-Reinet behoort het op 26 September aan die jaarlikse gradering deelgeneem.
Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt:
- Renaldo van der Westhuizen (geel)
- Jean van Wyngaardt (geel twee)
- Gert Theron (geel twee)
- Reaglin Maarman (oranje)
- Mikha Enslin (oranje)
Maarman en Enslin het van geel na oranje gespring omdat hul albei bo-gemiddeld goed presteer het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’