SPORTNUUS - Die eindstryd van die o.17 Sewesrugby-toernooi tussen Hoër Volkskool en Hoër Landbouskool Marlow en die o.15-eindstryd tussen Hoër Landbouskool en Hoërskool Brandwag, het Saterdag 8 September, plaasgevind.
Die skole wat aan die Sewes deelgeneem het was Muir Kollege, Asherville Sekondêr, Hoërskool Grens, Hoërskool Burgersdorp, Hoër Landbouskool Marlow, Hoërskool Union, Hoërskool Bergsig, Hoërskool Aliwal-Noord, Spandau Sekondêr, Gill Kollege en Hoërskool Brandwag.
Die spanne in elke afdeling is in twee groepe verdeel wat teen mekaar uitgespeel het. Die wenners van elke groep het in die halfeindstryd deelgeneem vir 'n plek in die eindstryd. Die spanningsvolle wedstryd het 'n paar benoude oomblikke gehad, maar het die o.17-span van Volkskool die harde wedstryd teen hulle opponent gewen.
Eindstryd - o.17-span
- Hoër Volkskool 15 - 0 Hoër Landbouskool Marlow
- Speler van die o.17-toernooi is Ethan Japtha van Hoër Volkskool
Eindstryd - o.15-span
- Hoër Landbouskool Marlow het die eindstryd teen Hoërskool Brandwag gewen.
- Speler van die o.15-toernooi is CJ Botha van Hoër Landbouskool Marlow.
Jan Theo van Tonder ontduik 'n speler van Bergsig. Fotos: Jan-Hendrik Swiegers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’