Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet Primêr het die afgelope naweek interskole teen Kroonvale Primêr gespeel en as oorwinnaars uit die stryd getree.
Volgens Willa Hector, hoof van Graaff-Reinet Primêr, kon dié twee skole mekaar weer in 'n opwindende interskole kragmeting aanpak na twee droë jare weens die Covid-19-pandemie.
"Graafies het hul teenstanders met ware Graafie-gasvryheid ontvang. Dit was 'n heerlike drie dae waar goeie sport-mangees tussen die twee skole openbaar is. Daar is verwoed geveg tot aan die einde van elke wedstryd en die spanne het sport van hoogstaande gehalte gelewer."
Graaff-Reinet Primêr het as oorwinnaars uit die stryd getree in 2019 sowel as 2022.
Die trofeë verdeling was as volg:
- Skaak: Graaff Reinet Primêr
- Tafeltennis: Graaff-Reinet Primêr
- Hokkie: Graaff-Reinet Primêr
- Netbal: Graaff Reinet Primêr
- Rugby: Graaff Reinet Primêr
- Sokker: Kroonvale Primêr
- Krieket: Kroonvale Primêr.
Foto's: Neco Bokwe
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'