SPORTNUUS - Spelers vanoor die land het van 27 tot 28 Mei aan die St Francis Trips-rolbaltoernooi in die kusdorp deelgeneem.
Altesaam 26 spanne het ingeskryf met drie spanne van Graaff-Reinet.
Saterdag is drie wedstryde van 15 koppe elk en Sondag twee wedstryde van 18 koppe elk gespeel.
Die algehele wenners van die toernooi was Niel Colyn, Eric Louw en Charlene Colyn van Graaff-Reinet met 65 punte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’