GRAAFF-REINET NEWS - Graaff-Reinet Primêr het die afgelope Saterdag 'n suksesvolle sportdag teen Carinus Laerskool gehad met Graaff-Reinet Primêr wat gasheer gespeel het.
Die twee skole het op die rugbyveld en netbalbane kragte gemeet met uitslae soos volg:
Rugby: (gasheerskool se telling eerste):
- o.9: 10-5
- o.11: 40-0
- o.13: 48-14
Netbal:
- o.7: 5-0
- o.8: 6-0
- o.9: 5-0
- o.10: 3-2
- o.11: 18-4
- o.13: 12-12
Die Graaff-Reinet Primêr o.12 span het teen Ryneveld gespeel en 6-4 gewen.
'n Goeie sportmangees was deurgans bespeur en die skole wil hierdie graag 'n jaarlikse instelling maak.
Graaff-Reinet Primêr wil graag Carinus bedank vir hul besoek en ons sien uit om volgende jaar op hulle tuisveld in Cradock kragte te meet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'