GRAAFF-REINET NUUS - Drie van Hoër Volkskool se leerders het puik gevaar by die Vrystaat-skietkampioenskappe in Bloemfontein.
Hulle prestasies is as volg:
- Victor Dercksen: Lugpistool sport o.20 (eerste) en .22 pistool staan o.20 (tweede).
- Tarien van der Westhuizen: lugeweer oopvisier o.20 (eerste), .22 geweer oopvisier o.20 (derde), .22 silhouet o.20 (tweede) en .22 geweer o.20 (derde).
- Anke van der Westhuizen: .22 geweer o.20 (eerste), .22 silhouet o.20 (tweede), .22 silhouet (tweede), string o.20 (tweede). .22 geweer (tweede), .22geweer oopvisier o.20 (tweede), .22 silhouet oopvisier o.20 (tweede), lugeweer algeheel (derde) en lugeweer teleskoop o.20 (tweede).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'