KAROO NUUS - Chris de Wet, 'n gr. 10-leerder van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die tweede A-liga-swemgala in Gqeberha deelgeneem.
Hy het baie goed gevaar en behaal drie podiumplekke.
Resultate:
- Derde in die 50 m-borsslag
- Derde in die 100 m-borsslag
- Tweede in die 200 m-borsslag
Hy eindig ook in die topvyf vir die volgende items:
- 50 m-vryslag
- 100 m-vryslag
- 200 m-individuele wisselslag
Chris het ook sy persoonlike bestes verbeter in die 50 m- en 100 m-borsslag, die 100 m-vryslag en die 200 m-individuele wisselslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’