GRAAFF-REINET NUUS - Chris de Wet, een van Hoër Volkskool se leerlinge, het van 24 tot 27 Junie aan die jaarlikse PEA-winterswemgala in Gqeberha deelgeneem. Hy het aan nege items deelgeneem en in sewe items sy persoonlike beste tye verbeter.
By hierdie gala het hy gekwalifiseer vir die vlak twee gala wat in 2024 aangebied sal word vir 200 m-borsslag.
Behalwe vir die swem, was die gala vir hom 'n groot geleentheid. Suid-Afrikaanse swemmers, Tatjana Schoenmaker en Lara van Niekerk het ook aan die gala deelgeneem en Chris het die voorreg gehad om vir Tatjana persoonlik te ontmoet.
'Ons bring vir jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'