GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Camdeboo-atletiekklub het goed gevaar tydens die interprovinsiale kampioenskape wat onlangs in Pretoria gehou is.
Luciano Arries het in die 80m vir seuns 0/11 3de gekom in 'n tyd van 10:82. In die 100m het hy tweede gekom in 'n tyd van 13:40.
Brownwon Lottering het 5de plek behaal in die 80m (11:72) en 3de plek in die 100m vir dogters 0/11 in 'n tyd van 14:66.
Die jongste lid van die klub, Nathan Wellman het 'n persoonlike beste tyd vir seuns o/9 in die 600m opgestel met 1:59.12.
Die res van die klub het ook goed gevaar.
Migeulwon Makelina het 'n tyd van 4:02.55 behaal in die 1 200m vir seuns en Faith Goliath 'n tyd van 4:18.56 in die 1 200m vir dogters.
Jenilio Van Heerden het 'n tyd van 5:18.04 in die 1 500m vir seuns onder 13 behaal.
Dedre Albert's het 'n massiewe sprong van 4:59m in die verspring vir dogters o/13 aangeteken.
Lichen Booi het nie deelgeneem nie aangesien dit slegs vir laerskoolatlete was, maar het reeds gewalifiseer vir volgende jaar se Atletiek Suid-Afrika (ASA) kampioenskappe.
Die klub wil sy atlete geluk wens met die prestasies wat hulle deur die Oostelike Provinsie atletiekliga behaal het en vir hulle getroue bywoning van oefensessies. Die ouers en borge word ook bedank.
'Ons bring vir jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'