GRAAFF-REINET NUUS - Attie Blignaut en Darion Jooste, albei gr. 11-leerlinge aan Hoër Volkskool, het van 26 tot 30 Junie die provinsiale landsdienskamp in Jeffreysbaai bygewoon.
Hulle het Hoër Volkskool verteenwoordig en aan verskillende aktiwiteite deelgeneem wat onder andere spanwerk en die liefde vir die natuur bevorder - tydens hierdie aktiwiteite word hul individueel beoordeel.
Na afloop van die kamp is dié twee in die OP-lansdiensspan wat aan die einde van die jaar by die nasionale kamp gaan plaasvind, opgeneem.
Dis 'n groot prestasie as jy in ag neem dat slegs agt meisies en agt seuns gekies word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'