GRAAFF-REINET NEWS - Die uiters talentvolle skut Anke van der Westhuizen – verbonde aan Hoër Volkskool in Graaff-Reinet - gaan Suid-Afrika gedurende die Julie-skoolvakansie in Finland verteenwoordig.
Anke is in die Proteaspan ingesluit wat van 14 tot 19 Julie in Helsinki, Finland, aan die Internasionale Metaal Silhoueët-skiet se wêreldbyeenkoms gaan deelneem.
Dit is ‘n ongelooflike geleentheid vir Anke, asook 'n groot eer vir Hoër Volkskool.
Die skool wens Anke graag baie geluk en sterkte toe met dié strawwe kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'