GRAAFF-REINET NUUS — Verlede Saterdagmiddag het sestien lede van die Graaff-Reinet Rolbalklub deelgeneem aan die Spandau Spar Voorgee Parespel kompetisie.
Na 21 koppe van interresante spel, het die kombinasie van Ronél Krige en Mari Kemp weggeloop met die koopbewyse wat op die spel was.
• Lede en belangstellendes word herinner van die klub se Opedag op Saterdag, 3 Junie.
Spel begin om 9vm en spanne kan ingeskryf word teen R600 per span.
Vir meer inligting, kan Niel Colyn, Priscilla Kasperski of Francois Oosthuizen gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'