GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool het die afgelope naweek 'n baie suksesvolle sportdag teen Cradock Hoërskool aangebied.
Ten spyte van die snerpende koue, het goeie sportmansgees die dag oorheers. In die hokkie-kragmetings het al Hoër Volkskool se spanne oorwinnings behaal. Die eerste span het 2 - 0 gewen, die tweede span 6 - 0, die O.16A-span 3 - 0 en die O.16B-span 4 - 0.
Tydens die netbalwedstryde het die psanne gemengde welslae beleef.
Hoër Volkskool se eerste span het 34 - 15 gewen, die tweede span het gelykop gespeel met 'n telling van 22 elk, die O.16A-span het 27 - 3 gewen, die O.16B-span het 14 - 6 gewen, die O.14A-span het 14 elk gelykop gespeel en die O.14B-span het 8 - 9 verloor.
Op die rugbyveld het Hoër Volkskool se eerste span hul teenstanders 17 - 16 geklop, terwyl die tweede span hul wedstryd 3 - 12 verloor het, die O.16-span 58 - 3 gewen het, die O.15-span 10 - 7 gewen het en die O.14-span 34 - 0 gewen het.
Hoër Volkskool se eerste rugbyspan na hul oorwinning teen Cradock Hoërskool.
Maryna Nell veg verbete om balbesit te kry.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'