GRAAFF-REINET NUUS — Die Graaff-Reinet Gholfklub nooi die streek se gholfers om in te skryf vir hul jaarlikse Bokkedag-gholfkompetisie op Saterdag, 8 Julie.
Die kompetisie sal op beterbal-formaat beslis word, dus moet deelnemers met 'n maat inskryf. Die oggendveld sal om 07:45 afslaan en die middagveld om 11:00.
Die inskrywingsfooi beloop R250 per persoon.
Opwindende pryse is te wen, met die kompetisie wat afgesluit sal word met ‘n aandete.
Vir meer inligting en inskrywings, kan die klub geskakel word by 040 555 0036 of stuur 'n epos na grtgolfclub@wam.co.za - inskrywings sluit op Woensdag, 5 Julie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'